4 maande gelede
'Nie 'n werklike afname'
Die Nyanga-polisiestasie is derde op die lys van moorde wat aangemeld is.  ~ Buziwe Nocuze

'N SENIOR misdaadnavorser sê die afname van moorde wat in die laaste boekjaar by die Nyanga-polisiestasie aangemeld is, is nie 'n werklike afname nie.

Bheki Cele, minister van polisie, het Vrydag gespog dat daar 'n afname van 36% was in moorde wat by Nyanga (185) aangemeld is.

Nyanga is vanjaar die polisiestasie waar die derde meeste moorde aangemeld is. Delft (265) is eerste op die lys met Khayelitsha (251) tweede.

Andrew Faull, 'n misdaadnavorser, het egter aan SowetanLive gesê die 36% afname in moorde by Nyanga is nie 'n werklike afname nie.

"Dit is weens die Samora Machel-polisiestasie wat oopgemaak is en as jy die getalle saamtel gaan dit steeds bo uitkom," sê Faull.

Faull sê die nuwe statistieke vir Nyanga is nie verteenwoordigend van 'n afname in die moordkoers vir die area nie.

Van die 10 polisiestasies met die meeste moorde in die land, is ses in die Wes-Kaap.

Philippi-Oos en Gugulethu tel ook onder die top 10. - SowetanLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters