11 dae gelede
Prasa terug op die spoor
fikile mbalula,bellville,treinstasie,prasa
Fikile Mbalula, vervoer minister, loer vanuit die nuwe sentrum na die treinspoor by Bellville-treinstasie. FOTO: Peter Abrahams  ~ 

MENSE met skills moet by Prasa aangestel word.

Só het Fikile Mbalula, minister van vervoer, Vrydag op die Bellville-treinstasie gesê op die launch van die Bellville Rail Management & Traffic Control Centre (RM&TCC).

“Jy kan nie iemand wat teologie geswot het, aanstel om Prasa te run nie, jy het ingenieurs nodig.

“En ons het ingenieurs nodig wat vir die bestuur raad moet gee oor wat om te doen.”

Die nuwe outomatiese sentrum behoort te help dat treine gladder loop en ook help met veiligheid van treindienste. Die sentrum is teen R2,8 miljard gebou.

Mbalula het gesê dis welbekend dat miljarde rande by Prasa gesteel is en hulle het ’n gemors geërf

“Ons sal die kriminele uitbring. Van die sekuriteitsmaatskappye was deel van die modus operandi van die kriminele. Daar was korrupsie oor baie jare.

“Die maatskappy het nie stasies opgepas nie.”

Hy het gesê weens die korrupsie het Prasa agter geraak met sy planne, maar hy is weer terug op die spoor om dinge reg te ruk.

“Ons kon weens korrupsie nie al die stasies opgradeer nie en dinge het inmekaargeval.”

Hy het weer gesê die sentrale lyn bly die grootste uitdaging en ’n tussentydse plan is in plek gestel om mense met busse te vervoer.

Mbalula het ook gesê 22 treinwaens gaan na die Wes-Kaap gebring word vir die Kaapse Vlakte-lyn.

Die minister gaan volgende week ook ’n nuwe raad vir Prasa aankondig.

Badisa Matshego, Prasa se rekeningkundige owerheid, sê met die nuwe stelsel is die dae van sinjaalprobleme iets van die verlede.

“Dit gaan oor modernisering van infrastruktuur. Ons sal presies weet waar elke trein is. Die operasies vind in die sentrum plaas.

“Sekuriteit en kommunikasie word ook vanuit die sentrum beheer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters