16 dae gelede
Nuwe pos gee kids in SA ’n stem
Christine Nomdo
Christine Nomdo, die kinderkommissaris  ~ Twitter

DIE kinderkommissaris, Christina Nomdo, het gister in haar nuwe kantoor ingetrek.

Volgens die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het Nomdo die pos verlede week aanvaar. Sy sal op 1 Junie amptelik in diens tree.

Volgens Winde speel die pos ’n belangrike rol omdat die persoon verantwoordelik is vir die monitering, navorsing, ondersoek en rapportering van alle aspekte van kinders en hul beste belang.

Onsekerheid

Winde het gesê Nomdo maak geskiedenis – nie net as die eerste kinderkommissaris in die land nie – maar ook as ’n voorstander vir kinders en hul regte.

Volgens Winde staar soveel uitdagings kinders in die land in die gesig, insluitende armoede, misdaad, mishandeling en verwaarlosing.

En nou sit hulle nog met die onsekerheid van die virus en onderbreking van onderwys.

Die kommissaris gee nou aan die kinders ’n stem.

Winde sê Nomdo het sy, en die Wes-Kaapse regering, se volle ondersteuning, maar dat sy onafhanklik moet staan en haar werk doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters