9 dae gelede
Nuwe lykshuis amper klaar
lykshuis
Bouwerk aan die nuwe staatslykhuis is amper voltooi.  ~ Foto Verskaf

BOUWERK aan Kaapstad se nuwe staatslykshuis om die ou Soutrivier-lykshuis te vervang, is byna klaar.

Sowat 10 persent se werk moet nog voltooi word.

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê die Observatory Forensic Pathology Institute is 87% klaar en dit kos R281 miljoen.

Die bubbelverdieping gebou is by die ingang van die Groote Schuur-hospitaal is twee keer so groot soos die huidige lykshuis in Soutrivier.

Dit sal ook gebruik word om die regstelsel te help om bewysstukke te bewaar en te analiseer.

Mark van der Heever, ‘n woordvoerder van die gesondheidsdepartement, sê die lyshuis sal nie gebruik word in Covid-19-gevalle nie. Net onnatuurlike sterftes sal daar hanteer word en lykskouings sal uitgevoer word.

Daar is plek vir 360 yskaste waar lyke gestoor sal word en 180 yskaste waar nuwe lyke ingebring word en 180 yskaste waar lyke moet uitgaan. - TimesLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters