2 dae gelede
Nuusspan met vuurwapen beroof
DURBAN, SOUTH AFRICA - MARCH 02: Members of the Af
Lede van eNCA se nuusspan is Woensdag beroof.  ~ 

LEDE van eNCA se nuusspan is Woensdag in Khayelitsha met 'n vuurwapen gedreig en beroof.

Monique Mortlock en Asanda Javu was besig om verslag te doen oor swak dienslewering in die area toe die voorval plaasgevind het. Hul selfone en kamerastel is beroof.

Mortlock het later getwiet hulle is ná die voorval aanvanklik by 'n polisiestasie weggewys, maar is later gehelp.

Kapt. FC Van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê die twee is deur vier gewapende mans beroof terwyl hulle besig was om kameratoerusting weg te pak.

eNCA het 'n beroep op wetstoepassers gedoen om die skuldiges te vang. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters