Verlede maand
Nóg vyf val
SLAGOFFER: Die lyk van ’n taxi driver net bekend as Cola word Dinsdagaand in Elsiesrivier verwyder.Foto: LEON KNIPE  ~ 

’N VOORMALIGE taxi driver is Dinsdagaand in Elsiesrivier in sy motor­ vermoor.

Die voorval het 18:40 op die hoek van Balvenielaan en 35ste Laan gebeur.

Die 54-jarige man van Belhar was net bekend as Cola.

Hy was die bestuurder van die taxi rank in Delft.

Hy was alleen in die motor toe hy by die robot gestop en doodgeskiet is.

Die slagoffer was agter die stuurwiel toe twee onbekende mans hom genader en hom een skoot in die kop gegee het.

Die motief vir die moord is nog onbekend en niemand is gearresteer nie.

  • In Mitchells Plain is ’n onbekende man gister­oggend by die taxi rank doodgeskiet.

Die voorval het helder oordag en ten aanskoue van verskeie mense gebeur.

Hy is op die toneel dood.

Dit is nog onduidelik of dié voorval met taxi­geweld verband hou.

  • ’n Vermeende gangster is Dinsdagaand in Cloetesville in Stellenbosch doodgeskiet. Leagan Davids (34) is 19:00 by die Melody Flats vol lood gepomp toe onbekende mans op hom losgebrand het.

Hy is verskeie kere in die bors geskiet en is op die toneel dood.

Volgens Siyabulela Malo, ’n polisiewoordvoerder, is drie verdagtes gearresteer en van moord aangekla.

  • Die cops het ook Dinsdagoggend in Eersterivier op twee lyke enkele meters van mekaar afgekom.

Die slagoffers het verskeie skietwonde opgedoen. Hulle is om en by 05:45 in Princess Drive, Condor Park, gekry.

Volgens sers. Liesel Beukes, ’n polisiewoordvoerder, was die polisie besig met patrolliewerk in die gebied toe hulle van die lyke te hore kom.

“Terwyl hulle nog op die een moordtoneel besig was, is nog ’n lyk in dieselfde straat gekry,” het Beukes verduidelik.

“Albei mans is verskeie kere geskiet.”

Die twee was albei in hulle 20’s.

Die twee moorde is na verneem word bende­verwant. Niemand is nog gearresteer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters