2 maande gelede
Nóg van Stad se grond gegryp
Dan Plato  ~ Peter Abrahams

GROND wat geoormerk is vir 'n behuisingsontwikkeling van R50 miljoen in Khayelitsha is die afgelope naweek onwettig beset.

Dan Plato, Kaapstadse burgemeester, sê in 'n verklaring die grond sou 1 100 behuisingsgeleenthede in Makhaza geskep het.

"Ongelukkig is die 420 families, wat geduldig op 'n behuisingswaglys gewag het, se regte geondermyn," sê Plato.

"Met R1,3 miljard in behuisingsontwikkelinge wat in gevaar is weens grondbesettings, waardeer ek die toewyding van die Wes-Kaapse polisiekommissaris dat die polisie hul ondersteuning gaan gee om operasies teen grondbesttings met die Stad se hoof van die metropolisie te beplan."

Plato sê ook die Stad is gereed om die Menseregtekommissie se hofaansoek teen te staan. Die MRK vra die hof vir 'n interdik wat grondeienaars sal verbied om strukture te verwyder.

Plato sê as die MRK se aansoek suksesvol is, kan dit die sluise vir onwettige grondbesettings oopmaak en wet en orde afbreek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters