Verlede jaar
Nog 'n uitsetting hang oor Klein Akker-inwoners
klein akker,plaas
Gesinne, wie na die Mesco-plaas geskuif is nadat hulle van die Klein Akker evict is, betoog buite die hof.  ~ Vincent Lali, GroundUp

DIE families wie uit Kraaifontein evict is en op die staatsplaas Mesco nou woon, staar nou weer 'n uitsetting in die gesig.

Mcebisi Skwastsha, adjunk-minister van landbou, het die meer as 250 families na die plaas verskuif nadat hulle vanaf die Klein Akker-plaas gesit is.

Ricardo Green, het namens die Ricmal wynmaatskappy en Mesco plaaswerkersvereniging, wie die plaas by die regering huur, het kapsie gemaak. Daar is by die Wes-Kaapse hooggeregshof aansoek gedoen om die families vanaf die plaas te verwyder.

Green noem dat nie die maatskappy of vereniging is wel af grondeienaars nie. Die individue, wie geklassifiseerd word as voorheen benadeelde persone, is 'n eens in 'n leeftyd geleentheid gebied om die plaas te bestuur as eienaars en nie werknemers wie 'n salaris verdien nie.

Indien die families aanbly op Klein Akker-plaas gaan hierdie kans deur hulle vingers glip, noem hy.

Hy voeg by die strukture waarin die mense woon, meestal skure en stoorkamers, nie geskik is vir mense om in te bly nie.

Green vra dat die hof die families opdrag gee om die plaas te verlaat en indien hulle weier die balju gevra word om hulle vanaf die plaas te verwyder en te verskuif na verblyf wat deur die Stad Kaapstad gebied moet word.

News24 berig die Stad Kaapstad het aangebied om die inwoners in sy noodbehuisings site oftewel Kampies in Phillipi te huisves.

Slegs een persoon was nie gekant teen hierdie voorstel nie.

Green se aansoek sal op 16 Oktober aangehoor word.

Intussen het die hof beveel dat nie die nasionale minister, adjunk-minister of regering enigiemand anders op die plaas laat bly of aanmoedig om daar te bly nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters