Verlede maand
Nog 'n arrestasie in pers stroop-saak
hoesstroop,pers-stroop,codeine
konkoksie: Kids meng die medisyne - wat codeine bevat - met koeldrank om high te word.  ~ Facebook

DIE seun van die opsigter wat met 'n konkoksie vir die gewilde sizzurp-drank gevang is, is ook gearresteer.

Dit kom nadat die polisie hom by dieselfde huis as sy pa met dagga gevang het.

Die huis in Perthstraat in Grassy Park is weer deursoek, nadat die cops 'n tipoff gekry het.

Die 23-jarige seun al ook later die week in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Bronagh Hammond, 'n woordvoerder vir die WKOD, bevestig dat alhoewel hulle bewus is van enige voorvalle is daar wel 'n ondersoek geloods om vas te stel of die 62-jarige man die medisyne aan enige leerders by die skool verkoop het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters