Verlede maand
Nóg drywers val
MOORDTONEEL: ’n Taxidrywer (32) is Woensdagmiddag by die taxistaanplek in Kuilsrivier doodgeskiet – kort nadat ’n ander drywer gesterf het.Foto: FACEBOOK  ~ 

TWEE taxi-drywers is Woensdag in afsonder­like skietvoorvalle afgemaai.

Een is by die taxi rank in Eersterivier in sy taxi doodgeskiet en die ander een is in Kuilsrivier afgehaal.

Kurt Craayenstein (35) van Eersterivier is eerste afgehaal. Kort daarna het ’n taxi-drywer (32) van Kuilsrivier gevolg.

Die skietvoorvalle gaan glo oor roetes. Daar is onmin onder die taxi-drywers van Eersterivier en Kuilsrivier.

Craayenstein is in die parkeerarea by die Eersterivier- winkelsentrum in sy taxi vol lood gepomp en hy is op die toneel dood.

Dit het omstreeks 13:40 gebeur. In die voorval is ’n 24-jarige man ook gewond.

Daar is vier koeëlgate in sy voorste ruit en twee aan die bestuurder se kant.

’n Saak van moord en een van poging tot moord word ondersoek.

Niemand is tot dusver in verband met die voorvalle gearresteer nie.

Voorsitter

Inwoners van Eersterivier vrees ’n taxi-oorlog gaan uitbreek nadat vier taxi-drywers die laaste ruk doodgeskiet is.

  • Patrick Consani (49) is Dinsdag voor sy huis afgemaai. Hy het skoolkinders vervoer. Die voorval het in Blackheath gebeur. Hy was die voorsitter van die Blackheath/Malibu-taxivereniging.
  • Laas maand is Rudolph Booysen (53), ’n taxi-drywer van Kleinvlei, ook doodgeskiet.

Dit kom kort op die hakke van die skietdood van nog ’n driver, ene Monray (31), wat in Forest Glade, Eerste­rivier, in sy taxi uitgehaal is.

  • In nog ’n voorval Dinsdag is ’n 21-jarige man in Hanover Park afgemaai.

Die voorval het omstreeks 12:30 in Athburg Walk gebeur.

Die man is in die rug geskiet en is op die toneel dood.

Ure ná die skietvoorval is nog ’n jong man ook in Hanover Park in die bene gewond.

Volgens Siyabulela Malo, ’n polisiewoordvoerder, is niemand sover vir die skietery gearresteer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters