9 dae gelede
‘Niemand was by my funeral'
BOURNE IDENTITY: Jason Vi­sagie sukkel vir ’n vale om weer lewend verklaar te word.  ~ Peter Abrahams

VOLGENS home affairs is hy dood, maar hy is spring-springlewendig.

Dit is amper asof Jason Visagie soos ’n spook in die land van die lewendes loop.

Die enigste verskil is dat almal Visagie kan sien. Almal behalwe home affairs.

Visagie, van Ravensmead, het aan die begin van die lockdown uitgevind dat hy dood is.

Die 34-jarige Visagie wou vir UIF gaan aansoek doen toe sy bank hom inlig dat sy ID geblok is omdat hy in Maart reeds afgesterf het.

’n Raadop Visagie verduidelik dat die probleme oor sy identiteit al meer as 10 jaar by hom spook.

“Ek het van die begin af ’n groot probleem met my ID omdat ek my ID-nommer deel met iemand met dieselfde naam en van.

“Die enigste verskil is dat ons in verskillende provinsies gebore is.”

Visagie sê toe hy in 2010 die eerste keer van die probleem uitvind, het home affairs dit probeer regmaak deur hom ’n nuwe ID-nommer te gee en die ander Vi­sagie met die ou nommer te los.

“Ek het gedog alles is oukei, al het iets my gepla omdat ek nie maklik werk kon kry nie.

“Dis eers dié jaar dat ek uitgevind het dat home affairs ons dieselfde nuwe ID-nommers gegee het.”

Visagie sê hy het al alles probeer om die fout te laat regstel.

Volgens die man het hy ook al met die ander Jason probeer kontak maak.

“Ek weet nie meer watter kant toe nie.

“As mense my vra wat ek die afgelope 10 jaar gedoen het, sê ek ek het probeer om my ID reg te maak.

“Ek het nie geld om heeltyd op en af te travel nie.”

Visagie voeg by dat hy net ’n regstelling wil hê.

Hy wil ook weet wat gaan gebeur met die geld wat hy in hierdie 10 jaar van sukkel verloor het.

“Ek is dood, maar niemand was by my funeral nie.

Wag

“Ja, dis funny, maar ek het as gevolg van hul fout soveel tyd en geld verloor.”

’n Navraag is al ’n week gelede na die departement van binnelandse sake gestuur. Son wag nou nog op kommentaar.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters