14 dae gelede
Niemand sit ná vlaag moorde
SO ONNODIG: Mense gister op die toneel waar die vrou in Sunbird Park genadeloos met ’n mes doodgelem is.  ~ Leon Knipe

’N LEERDER van Valhalla Sekondêr in Elsiesrivier en ’n vrou van Sunbird Park is gister in afsonderlike voorvalle vermoor.

Die leerder (17), wat een van ’n tweeling is, is in Clarke Estate koelbloedig doodgeskiet.

Hy en sy vriende het een van hul tjommies, wat naby woon, huis toe geneem toe daar op hulle geskiet word.

Hy is in die skietvoorval noodlottig gewond en is op die toneel dood.

Rooftog

Volgens ’n gemeenskapswerker wat verkies om anoniem te bly, was die seuns nie gangsters nie.

Hy en sy tweelingbroer was na verneem word albei goeie sokkerspelers.

  • In ’n ander voorval is Samantha Ruiters (42) Maandagaand in Sunbird Park met ’n mes doodgesteek. Sy is op die toneel dood.

Dit is nog onseker of dit ’n rooftog was wat skeefgeloop het.

  • In ’n ander skietery Maandag is ’n vermeende bendelid ook in Hanover Park afgemaai.

Die man is reg oorkant die kliniek in Hanover Park-laan doodgeskiet.

Dit kom ná ’n mislukte hit Vrydagaand op die vermeende leier van die Laugh­ing Boys gang in Hanover Park.

Hy is ’n klipgooi weg van sy huis verskeie kere raakgeskiet en is tans in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

Die skieter het hom na verneem word ingewag en toe vyf keer raakgeskiet.

Nog ’n man is ook verlede Woensdag in Hanover Park koelbloedig doodgeskiet.

Daar is nog niemand vir een van hierdie voorvalle gearresteer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters