6 maande gelede
Nie eens die dood keer kid van Plain
SY STER SKITTER: Lance­ Minnies laat nie toe dat sy omstandig­hede en wat met hom gebeur het, hom terughou nie. Hy het sy matriek behaal. Foto’s:MELINDA STUURMAN  ~ 

VIR ’n hele naweek was hy bewusteloos met 92% brandwonde.

Maar die trauma van twee jaar gelede het Lance Minnies van Mitchells Plain nie gekeer nie.

Lance is gister by Leeuwenhof, die premier se official residence in Gardens, Kaapstad, by ’n eksklusiewe geleentheid saam met 2018 se top-matrieks in die Wes-Kaap vereer.

Die oud-leerder van AZ Berman High was trots toe sy naam uitgeroep is en hy ’n ministeriële toekenning ontvang het vir sy uithou-vermoë in bitter moeilike omstandighede.

Twee jaar gelede het Lance ag lede van sy familielede in ’n brand verloor. Hy het probeer om twee familielede te red, maar het in die proses self erg verbrand.

“Ek het gevoel hier gaan ek nou, maar dit is ’n wonderwerk dat ek dit survive het.

“Daar is ’n rede dat ek oorleef het en vandag is vir my ’n bewys daarvan,” het hy gesê.

“Ek het nooit dié toekenning verwag nie. Dit is vir my ’n groot eer om vandag hier te wees en om erken te word vir alles wat ek deurgemaak het.”

UITBLINKER: Kamva Goso word aangekondig as een van die top-matrikulante in die Wes-Kaap vir 2018. Hy het die vyfde plek behaal.

Lance het gesê toe hy in die hospitaal wakker geword het, was hy bekommerd oor wat ander mense van hom sou dink.

“Ek het besef dat vriende nie jou toekoms is nie. Wat met my gebeur het, het gebeur vir ’n rede.

“My wonde gaan my nie terughou nie. Dit maak my sterker.

“Ek is baie trots op myself en hoe ver ek gekom het en nou kan ek verder aan my toekoms werk,” het hy verklaar.

Brandarm

Intussen is Kamva Goso, ’n oud-leerder van die Intsebenzi­swano Senior Secondary School in Brown’s Farm, onder die topvyf-leerders in die Wes-Kaap.

Kamva het gesê hy het nooit gedink dat hy as ’n jong man van ’n brandarm township so iets sou kon behaal nie.

“Daar is nie baie expecta­tions vir ons nie.

“Die enigste expectations vir ons is gewoonlik dat ons sal misluk. My doel was om seker te maak ek breek die stigma.

“Ek wou meer wees as die seun van ’n township.”

“Consistency is die sleutel vir sukses. Hou jou kop regop en fokus op jouself.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters