Verlede maand
Neumann fokus op laaste termyn
wesley neumann
WERK VOORT: Wesley Neumann fokus op die kinders.  ~ 

WESLEY Neumann is gefokus op die laaste termyn van die jaar en op die kinders by die skool.

Dit kom nadat die skoolhoof van die Hoërskool Heathfield in ’n dissiplinêre verhoor van die Wes-Kaapse onderwysdepartement skuldig bevind is, nadat hy laas jaar Junie die skool volgens die WKOD onwettig toegemaak het.

Die WKOD het ses klagte van wangedrag teen Neumann ondersoek.

Neumann wou nie hê leerders en onnies moes tydens die lockdown in Junie laas jaar skool toe kom nie.

Son het Neumann gebel, maar hy het navrae na sy lawyer verwys.

Neumann se lawyer, Vernon Seymour, het gesê die skoolhoof bepaal hom by die eksamen en wil hê sy kinders moet nog beter doen.

"Hy is trots op wat hy as skoolhoof bereik het. Verlede jaar was sy skool een wat van die beste matriekuitslae behaal het.

"Sy lewensdoel is om die kinders in hulle area te leer."

Seymour sê hy is oortuig daarvan dat die onderwysdepartement het vooraf in gedagte gehad wat met Neumann moes gebeur.

"Hulle wou gehad het hy moes net doen wat hulle sê. 

"Ons is glad nie verbaas dat hy afgedank is nie en het dit verwag.

"Maar hy is steeds die skoolhoof en wil die kinders vir die laaste termyn motiveer."

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters