16 dae gelede
Nehawu wil staak oor raise
HOU AAN: Nehawu se hoofsekretaris, Zola Saphetha, spreek gister die media toe.  ~ Anele Mfazwe

DIE regering hét die geld om ons te betaal.

Só hou die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) vol wat nou dreig om te staak.

Zola Saphetha, Nehawu-hoofsekretaris, het die media gister in die Kaapse middestad toegespreek.

Saphetha sê die vakbond het op 3 September op sy nasionale dag van aksie vir pres. Cyril Ramaphosa sewe dae gegee om te reageer op sy eise.

Sy hoofeis is dat die regering die 2018-ooreenkoms van ’n salarisverhoging vir staatswerkers moet nakom.

Voortgaan

“Wat teleurstellend is, is dat die kantoor van die president net erkenning gegee het dat die brief ontvang is,” kla hy.

Volgens hom gaan die vakbond protesaksie versterk en voortgaan met middagete-pickets en op alle vlakke lede mobiliseer vir ’n moontlike volskaalse nasionale staking.

Saphetha sê: “Dit sluit ook gesondheidswerkers en lede van hoër onderwys, maatskaplike dienste, die departement van arbeid, en openbare dienste en administrasie in.”

Ramaphosa sal na verwagting vandag aankondig dat die land vanaf vlak 2 na vlak 1 beweeg wat die lockdown betref.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters