12 dae gelede
Nehawu trots op welslae
TEVREDE: Nehawu se Zola Saphetha sê hulle het bevredigende salarisverhogings vir hul lede beding.  ~ Anele Mfazwe

STAATSAMPTENARE in die nasionale parlement en wetgewers landwyd, behalwe in die Wes-Kaap, sal ’n 6,5%-salarisverhoging kry.

Dis nadat die National Education Health and Allied Workers Union (Nehawu) ’n deurbraak in sy onderhandelinge met die regering gemaak het.

Die Nehawu-hoofsekretaris, Zola Saphetha, sê die vakbond het “groot oorwinnings” namens sy lede behaal.

Volgens Saphetha was Nehawu, in samewerking met die nasionale bedingings­forum (NBF), sedert Junie betrokke by die salarisver­hogings.

Die Wes-Kaapse wetgewer is uitgesluit omdat hy nie saam met die ander wetgewers onderhandel het nie.

Saphetha sê: “Dié deur­braak­ gaan ons lede se om­standighede­ verbeter.

“Ál ons lede in die nasionale parlement en wetgewers landwyd, behalwe dié in die Wes-Kaap, sal ’n salarisverhoging van 6,5% kry en dis terugwerkend van 1 April vanjaar.

“Die behuisingsubsidies, huursubsidies en mediese fondse sal ook met 6,5% verhoog word, ook terugwerkend vanaf 1 April.”

Volgens Saphetha het die partye ook saamgestem dat ander kwessies oor algemene werksomstandighede ook so gou moontlik afgehandel moet word.

Die onderhandelinge sal na verwagting in November afskop.

Saphetha sê die vakbond het twee “oorwinnings” in die landbounavorsingsraad (ARC) behaal.

Nehawu het die jobs gered van 1 000 werkers wat die ARC wou retrench. Nadat die partye vier sessies met die CCMA gehad het, het die ARC besluit om die jobs te behou.

’n Taakspan is toe gestig om planne te beraam om die ARC van ondergang te red.

AANSTAP ROOIES: Nehawu-lede neem verlede week aan Cosatu se staking in die Moederstad deel. Dit was vir die regte van werkers. Foto: Anele Mfazwe

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters