12 dae gelede
Nege vas vir perly smokkel
Perlemoen  ~ Foto ter illustrasie: Netwerk24

NEGE mense is gearresteer vir beweerde perlemoensmokkelary.

EWN berig dat die arrestasies volg na 'n gesamentlike operasie deur die Valke, polisie en departement van omgewingsake in Bellville.

Volgens die Valke is vier van die verdagtes aangekeer omdat hulle na bewering 'n onwettige perlemoenfasiliteit in Welgemoed bedryf het.

Zinzi Hani, 'n woordvoerder van die Valke, sê: "Daar is beslag gelê op gedroogde perlemoen ter waarde van R6,5 miljoen, asook toerusting."

Nog arrestasies is gemaak toe beampte op 'n ander fasiliteit ook toesak.

Hani voeg by: "In Stikland is nog verdagtes vasgekeer, nadat die span beslag gelê het op meer perlemoen en toerustig ter waarde van R13 milljoen." 

Die verdagtes sal almal Donderdag in die Bellville-landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters