9 dae gelede
Nege dae soos hond getreat
DANKBAAR: Zelda Cecil sê haar dogter is nog baie skrikkerig ná haar ordeal.  ~ Peter Abrahams

DIE mammie wat nege dae vermis was, is wel veilig tuis – maar die letsels van haar traumatiese ontvoering sal haar vir ewig bybly.

Alisha Oncker (37), van Schaapkraal naby Philippi, is Dinsdagmiddag soos ’n hond uit ’n kar gesmyt nadat haar ontvoerders genoeg van haar gehad het.

Oncker het vermis geraak toe sy en haar vriendinne na ’n straatpaartie in Khaye­litsha gegaan het.

Nege dae lank het sy op droë brood en goedkoop chips gelewe.

Sy is elke dag deur verskillende bendegroepe vol dwelms gepomp, vertel haar ma, Zelda Cecil.

Die toestand waarin haar dogter was toe sy by die huis instap, was só erg dat sy flou geval het toe sy haar sien, sê Cecil.

Dié bekommerde ma het onlangs nog ’n siener, Gerald Burger, gaan raadpleeg wat aan haar gesê het dat haar dogter ontvoer is en in ’n donker plek aangehou word.

Betrokke

Burger het gesê sy is nie veilig nie en dat sy gestres is.

En Cecil sê dis net so, want die eerste ding wat haar dogter aan haar vertel het, is dat haar ontvoerders haar van een shack na die volgende shack geneem het.

Volgens Cecil sê haar dogter daar was vier mans en ’n jong bruin vrou betrokke by haar ontvoering.

Sy vertel: “My kind sê die meisie het haar gekrap en geknyp. Sy het ook ’n vuil lap in my kind se mond gedruk sodat sy nie kon raas nie.

“Elke dag is sy na verskillende shacks geneem waar sy in die middel van die shack moes sit en verskillende soorte drugs moes gebruik.

“My dogter het vir my gesê lede van die 26’s-gang was ook betrokke, want sy kon die tattoos op hul arms sien.”

Volgens Cecil is hulle Dinsdag onmiddellik hospitaal toe met haar dogter en sy is onmiddellik toegelaat.

Sy sê toe hulle by die hospitaal aankom en sy haar klere moes uittrek, wou sy nie dat iemand haar help nie en sy wou haar eers was.

Cecil sê: “Nege dae het my kind nog nooit gewas nie.

“Wanneer daai kind ’n man sien, dan raak sy mal. Sy skreeu sommer en gaan aan die ruk. Ek het nog nooit my kind so gesien nie.”

Volgens Cecil kon sy nie haar dogter gistermiddag sien toe sy haar in die hospitaal wou besoek nie.

Sy is na ’n Covid-19 saal geskuif omdat sy hoes, sê sy.

Cecil vertel: “Sy het seker verkoue opgedoen, want sy het nie ’n baadjie aangehad nie, net ’n dun strap top.

“Ek het haar gebel en sy sê sy wil nie eet nie. Sy sê die reuk maak haar verskriklik naar, want dis die kosse wat daar tussen die shacks gemaak word.

R1-chips

“Sy’t gevra vir KFC, want die kind het nog nooit geëet vir nege dae nie.

“Shame! Al wat die arme kind in haar maag het, is bruinbrood en R1-chips.

“Ons gaan haar maar nou weer vetjies voer. Sy klink baie beter as gister, maar is steeds baie emosioneel.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters