13 dae gelede
Neef wis glo niks van die moord
Gail van As (38)  ~ Foto Verskaf

GAIL van As, wat in haar huis in Kleinvlei vermoor is, se moordenaar is nog op vrye voet.

Die 38-jarige ma van twee seuns is Maandagoggend in haar huis vermoor.

Haar kêrel het omstreeks 10:30 op haar lyk afgekom.

Na wat verneem word, was haar neef wat ook by haar gebly het, tuis toe sy vermoor is.

Die neef het eers wakker geskrik toe die boyfriend alarm maak.

Luidens ’n post op Facebook word ’n buitelandse man van die moord verdink en is hy voortvlugtig.

Skietwonde

’n Ingeligte sê die man het sy baas gebel en vertel dat hy vir Van As vermoor het. Die man is egter van Maandag af skoonveld.

Volgens die polisie is Van As met skietwonde gevind.

Van As se doods­tyding is in die sosiale media gedeel.

Van haar vriende beskryf haar as ’n persoon wat ’n vertrek kon ophelder met haar lag.

Die inwoners van Kleinvlei, Somerset Heights en die breër gemeenskap van Eersterivier is uitgenooi om ’n biduur wat voor haar huis in Hakea­straat gehou sal word, by te woon. Die biduur is ter nagedagtenis van Van As.

Volgens sers. Pholelwa Njara, polisiewoordvoerder, is die ondersoek in die moordsaak nog aan die gang, hoewel daar nog geen nuwe ontwikkelinge is nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters