14 dae gelede
Nafiz wil ‘uit’
WEER GEVANG: Nafiz Modack, vermeende kingpin van die Kaapse onderwêreld, loop weer vandag hof nadat hy en nog verdagtes Donderdag vasgetrek is.  ~ Peter Abrahams

DIE vermeende Kaapse onderwêreldbaas Nafiz Modack is glo reg om sy maker te ontmoet.

Modack en twee ander mansis Donderdag in hegtenis geneem vir onder meer poging tot moord op die bekende­ criminal lawyer William Booth.

Luidens berigte hou dit ook verband met die top cop lt.kol. Charl Kinnear se moordsaak.

Kinnear is op 18 September buite sy huis in Bishop Lavis in ’n beweerde sluipmoordaanval afgemaai.

Daar is in April 2020 op Booth geskiet toe hy besig was om uit sy driveway weg te trek. Hy het dié beweerde hit oorleef en vyf mense is agterna gearresteer.

Son verneem by ’n bron Modack, wat die afgelope naweek agter tralies deurgebring het, wil nou sy eie lewe neem.

Die bron sê Modack bel mense en dreig hy gaan selfmoord pleeg.

“Hy sê hy het vrede gemaak met sy maker,” sê die bron.

“Hy sê hy’s nie alleen in die ding nie, so, hy gaan maar homself doodmaak.”

Die Valke bevestig in ’n persverklaring drie mans tussen die ouderdom van 29 en 49 is Donderdagmiddag in Century City in hegtenis geneem. Luidens die statement is die arrestasies deur die Pretoria-gebaseerde nasionale taakspan uitgevoer.

Geen van die verdagtes se name word in die persverklaring genoem nie.

Son verneem egter by polisiebronne dat Modack wel een van die verdagtes is. Daar word verder beweer dat die ander mans top dogs in die polisie en justice system is.

’n Valke-woordvoerder, kol. Katlego Mogale, sê die verdagtes verskyn na verwagting vandag in die Kaapse landdroshof. Hulle word aangekla van sameswering om te moor, poging tot moord, intimidasie, menseroof en afpersing.

Mogale sê die polisieminister, Bheki Cele, verwelkom die arrestasies en sê meer arrestasies kan verwag word. ’n Misdaad-aktivis en voormalige Wes-Kaapse GPF-voorsitter, Hanif Loonat, sê die arrestasies verbaas hom nie.

Loonat sê: “Ek het ’n paar name in gedagte gehad en sy (Modack) naam is een van daai name. Dis geen verrassing dat iemand van die onderwêreld in dié verband gearresteer is nie.

“Sy (Kinnear se) moord het iets te doen gehad met sy ondersoeke en Modack is een van die mense wat hy ondersoek het.”

Loonat sê verder hy hoop die Kinnear-familie kan nou uiteindelik justice kry. Hy sê verder hy is bekommerd oor die mag wat die bendes in die polisie en die howe het.

Volgens hom is dit weens die geld wat bendeleiers rondgooi.

Bendestaat

Loonat voeg by: “Ek kan jou nóú sê, die vrotheid begin van bo af. Ek wil nie sê op watter vlak nie, maar dit begin daar bo.

“Ons word nou tweede ná Mexico as ’n bendestaat. En dis baie kommerwekkend vir my.”

  • Dis nie die eerste keer dat Modack met die gereg bots nie. Hy is in Junie saam met ’n paar polisiebeamptes in Johannesburg gearresteer.

Die staat beweer by dié saak in die Kempton Park-landdroshof Modack en die cops is betrokke by die bedrieglike verkryging van vuurwapen­lisensies.

Modack is ook in 2018 saam met vier ander mans gearresteer vir beweerde afpersing van posh restaurante en nagklubs in die Kaapse middestad.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters