6 dae gelede
’n Uitklophou
TJOK EN BLOK: Dis nie net trollies wat oorloop van Black Friday specials nie, die Boxer-winkel self bars ook uit sy nate van customers  ~ Astrid Februarie

ALMAL het nou wel lekker Black Friday gehou, maar die supermark Boxer het laas week sommer elke dag spesiale aanbiedinge gehad.

Boxer wou aan sy lojale klante en die nuwes dankie sê. Son sien alles en het die paartie gejoin.

Eers is daar Donderdag ingeloer by Boxer in Mbekweni in die Paarl. Vrydag was die Son-span in die een in Worcester. Oud en jonk het hulle omtrent geniet en boonop pryse losgedans.

Die skare is ook vermaak deur die Kaapse sangeres Candice Nicole Thornton. Die komediant Quinton Manuels was die MC.

Boxer het lekker afslag gegee en hoë pryse ’n uitklophou gegee. Saam met Son het Boxer ook R500-geskenkbewyse aan gelukkige klante gegee wat lekker litte losgemaak het.

Sonlanders hier kon nie genoeg kry nie en selfs gevra dat Antie Mona en Oom Sonnie volgende keer moet saamkom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters