4 dae gelede
’n Gelukkige dag
uit haar vel: Bonginkosi Madikizela oorhandig ’n title deed aan een van die nuwe huiseienaars, Doreen August. Agter August staan raadslid Courtney van Wyk. Foto: stad kaapstad  ~ 

MEER as 60 inwoners van Delft het Maandag nuwe huiseienaars geword.

Bonginkosi Madikizela, die Wes-Kaapse minister van menslike nedersettings, het title deeds aan die inwoners oorhandig.

Raadslede van die Stad Kaapstad en werkers van die kantoor van die staatsprokureur het gereël dat die title deeds geregistreer word.

Hulle was ook almal saam by die oorhandiging daarvan.

Die meeste van die inwoners woon al 20 jaar of langer in die huise.

Hulle het nou amptelik die eienaar geword deur die departement se program Enhanced Extended Discount Benefit Scheme (EEDBS).

“Ek wag al baie lank vir dié dag en kan nie glo dis nou finaal hier nie. Ek kan nou met trots sê dit is my huis,” het ’n emosionele Doreen August gesê.

Dis ook deel van die departement se strategiese plan om burgers wat meer weerbaar is, te help om huiseienaars te word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters