8 dae gelede
Munisipale pale loop deur onder vernielers
STUKKEND: Die munisipaliteit vra hulp om te keer dat straatligte gebreek word.  ~ Foto Verskaf

DIE Overstrand-munisipaliteit vra die publiek se hulp teen vandale wat straatligte breek.

Volgens die elektrisiteits­departement in Kleinmond was daar in die laaste paar weke meer voorvalle.

Dit is meestal kinders wat die veselglaspale van 3,5 m lank stukkend skop en die lampies breek.

Voorvalle is ook aangemeld in Stanford en Gansbaai, waar kinders die lampies met ketties stukkend skiet.

Die munisipale bestuurder, Dean O’Neill, sê dit kos die belastingbetaler ’n klomp geld om heeltyd die beskadigde ligte te vervang.

Skurke

“Dit het ook ’n negatiewe invloed op sekerheid in die woonbuurte.”

In Marinerylaan, Hawston, het skurke kabels opgegrawe en dit gesteel.

Plek-plek het hulle sommer die hele paal uitgehaal en saam met die ligte-eenheid gesteel.

Die Overstrand-munisipaliteit sê iemand moet sien hoe die diefstal plaasvind en vra mense om hulle en die polisie te help om die skurke te vang.

Bel die naaste polisiestasie of die munisipale sekuriteitsafdeling by 028 313 8990.

Die beheerkamer se nommer is 028 313 8000/8111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters