24 dae gelede
M’Plain verlam
Dienslewering: Die betogers demand krag en water in hulle plakkerskampe.  ~  Foto: Curt Lottring

MENSE van die Kaapse Vlakte is die hel in oor onnodige betogings wat elke dag hulle lewe versuur.

Gister is die inwoners van Mitchells Plain weer hostage gehou toe sowat 100 be­togers van die Samora Machel-plakkerskamp besluit het om hulle frustrasies oor dienslewering pad toe te vat.

Dié betogers het net voor die begin van die spits­verkeer tyres aan die brand gesteek.

Gevolglik was die hoofpaaie uit Mitchells Plain langer as twee uur afgesper.

Sithembiso Mzobe, ANC-raadslid vir Samora Machel, sê die inwoners is kwaad oor hulle al jare vir dienste soos water en krag wag.

“Hulle wag al lank. Hulle kry ook nooit antwoorde nie.

“Ons het toe besluit om volgende week met die beamptes van die Stad te praat sodat ons met oplossings kan kom.”

Maar dié tipe gedrag van hulle neighbours laat die inwoners van Rondevlei, Colorado Park, Woodlands en omliggende gebiede omtrent rooi sien.

’n Inwoner wat uit vrees vir viktimisasie anoniem wou bly, sê hy is siek van dié betogings.

“Hoekom dink dié mense dis oukei om so aan te gaan? Ons woon ook in plakkerskampe, maar in georganiseerde plakkerskampe.

“Ons makeer ook diens­lewering, maar ons maak nie hulle lewe moeilik nie.”

Hy meen: “Ons woon al hóé lank bo-op mekaar. Ons families squat al langer as 20 tot 30 jaar in jaarts.

“Hulle sit en wag op wait­ing-lyste en volgende jaar sal hulle net weer wag, maar sonder om paaie af te blok.

“In any case, waar het jy gehoor ’n 18 jaar oue kind brand tyres vir krag of ’n huis? Hier sit ons mense oor die 60 jaar oud en wag nog vir ’n huis.”

Nóg ’n inwoner voeg by hy’t langer as ’n uur in die verkeer gesit omdat hy ’n ander roete moes vat om by sy werkplek uit te kom.

“Ons base verstaan nie ons omstandighede nie. Dié tipe dinge speel ’n groot rol in hoe ons payslips die einde van die maand lyk.

Gemonitor

“Daar is selfs mense wat op sulke dae nie werk toe kan gaan nie omdat daar geen manier is om uit Mitchells Plain te kom nie, want hulle hou ons hostage.”

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het die betoging bevestig en sê die situasie word gemonitor.

“Luidens berigte het 70 tot 100 inwoners vir dienslewering betoog.

“Geen arrestasies is gemaak nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters