2 maande gelede
Motorklub help gesin ná brand
helpers: Lede van die klub by Carren Sias (in swart) toe hulle die mate­riaal bring. FOTOVERSKAF  ~ 

DIE harte van die gesin Sias van Macassar Village loop oor van vreugde nadat hulle ’n groot geskenk van die Macassar Corsa-motorklub gekry het.

Hulle huis is in Januarie deur ’n brand in puin gelê. Die huis is nog nie heeltemal herstel nie.

Carren Sias, een van die gesinslede, sê hulle kan nie genoeg dankie sê vir die mense wat hulle harte vir hulle oopgemaak het nie.

Verras

Hulle het reeds gewonder wat hulle die komende winter gaan maak as hulle huis nie herstel is nie.

Die motorklub het hulle Sondag verras toe hulle sand, sement en boublokke by die gesin se perseel afgelaai het.

Volgens Desiree Williams van die klub het hulle sponsors gevra om hulle te help.

Melvin’s Transport in Macassar­ het die sand geskenk en Faerie Groenemeyer die sement. Die klublede het self geld ingesamel vir die aankoop van die boublokke.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters