16 dae gelede
Motoris ‘ry laitie op fiets dood’
OMGERY: Ismail du Plessis lê in die straat.  ~ Leon Knipe

HARTSEER het ’n familie van The Hague in Delft getref toe ’n motor ’n 10-jarige seun doodgery het.

’n Inwoner het die bestuurder uitgewys en die polisie het die man gearresteer.

Die voorval het Vrydag omstreeks 16:00 in Ambassadorstraat, The Hague, gebeur.

Die familie is baie hartseer en het mooi gevra om nie daaroor te praat nie.

Mense vertel Ismail du Plessis was op sy fiets op pad winkel toe, “toe die man hom omgery het.

“Ons het net ’n slag gehoor, toe sien ons hy lê in die pad.

Vinnig

“Die persoon wat hom omgestamp het, het weggery, maar iemand in die gemeenskap het ’n polisievên gekry wat die man van die pad af getrek het.”

Ander inwoners vertel die motoris het vinnig gery en hy het voorheen al so in die pad gejaag.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n woordvoerder van die polisie, sê die polisie van Delft ondersoek ’n saak van manslag nadat ’n kar die seun omgery het.

“Die polisie het ’n 25-jarige man weens die voorval in hegtenis geneem.”

Rwexana sê die man het gister in die landdroshof in Bellville verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters