4 dae gelede
Mopper in diep water nadat sy sê hoe dit is
Aangekla: Elizabeth Koester gaan nou dissiplinêr verhoor word. Foto: Melinda Stuurman  ~ 

’N WERKER van Supercare-skoonmaakdienste wat bos gelos het oor die moppery by die N1 Stad-mall gaan dissiplinêr verhoor word.

Elizabeth Koester (57) van Elsiesrivier vertel dat sy Woensdagaand vir nagskof by die mall aangemeld het.

Koester sê sy was nog nie lank by die werk nie, toe word sy ingeroep.

Volgens Koester is sy toe dan en daar meegedeel sy is aangekla omdat sy die media genader het.

“Ek was nie skaam om te erken dat ek wel met die media gepraat het nie, want ek het al baiekeer by almal gekla, maar niemand kon iets doen nie.

Skrop

“Van ons nagspan se mense het al die werk gelos oor die moppery.”

Son het Donderdag berig dat Koester en ander skoonmakers die mall al langer as ’n maand met huishoudelike spaghetti mops moet skrop.

Die werkers is glo siek van alles manual moet doen. Die masjiene wat normaalweg vir die skroppery gebruik word, bly stukkend.

Die bestuur van die N1 City mall sê hulle was nie bewus van die situasie nie.

Hulle sê mops word net gedurende werkure gebruik.

Robert Cooper, bestuurder van Supercare, het nie op Son se navrae kommentaar ge­lewer nie.

Koester se verhoor is vandag (Woensdag).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters