2 maande gelede
Moord op danser: 14-jarige kry nie borgtog
Kirvan Fortuin  ~ Foto Verskaf

DIE 14-jarige meisie wat tereg staan vir die moord op Kirvan Fortuin (28) is Maandag in die Somerset-Wes-landdroshof borgtog geweier.

Sy word daarvan beskuldig dat sy die wêreldbekende danser van Macassar gelem het.

Die saak is in camera omdat dit onder die Kinderwet val.

Die hof het bevind die vermeende moordenaar kan nie op borgtog uitgaan nie.

Sy is terug in ’n plek van veilige bewaring geplaas.

Regskenners kan nie wag om te sien in watter hof die saak verhoor gaan word nie.

Gesteek

Die moord op Fortuin het internasionale mediadekking geniet omdat die slagoffer ’n bekende balletdanser in Europa was. Dis veral in Holland waar hy naam gemaak het.

Fortuin is op Saterdag 13 Junie vermoor toe hy twee keer met ’n skerp voorwerp in sy bors gesteek is.

Die voorval het naby sy huis in Sheikh Yusuf-laan in Macassar Village plaasgevind.

Hy het op pad hospitaal toe in sy pa, Steven Claasen, se arms gesterf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters