Verlede maand
’Monster’ val vrou erg aan
GEWELDSTONEEL: Sharon Claims wys waar die vrou in die gat gegooi is.  ~ Peter Abrahams

ONDANKS gereelde veldtogte teen gender-based violence (GBV) oorstroom gru-aanvalle op vroue en kinders die land soos ’n tsoenami.

In ’n verskriklike aanval Donderdag het ’n man sy girlfriend met ’n wheel spanner en ’n bottel in haar agterwêreld bygekom.

Daarna het hy haar erg aangerand en ’n betonblok op haar gegooi.

Sy het die aanval, wat in Belhar se Self Help-buurt gebeur het, oorleef.

Volgens inwoners het die man en vrou dwelms gebruik en gereeld baklei.

Sy is na verneem word reeds in die huis waar hulle bly, seksueel aangeval.

Sharon Claims (33) sê sy en haar baba het by die huis gekom en gehoor hoe die vrou skreeu.

“Ek het gesien hoe hy haar in ’n gat gooi. Hy het ’n sementblok opgelig om weer op haar te gooi, maar mense het hom gestop.

Gebel

“Daarna het hy haar aan haar hare na ’n park gesleep en weggehardloop.”

Martha Jacobs (61) sê die vrou is erg geslaan.

“Iemand het die cops gebel en hy het weggehardloop, maar is later in ’n huis gekry waar hy weggekruip het.”

Son was in die huis waar die twee gebly het en het die bloed in ’n deurmekaar kamer sien lê.

’n Sweater van die vrou met bloed op het in die kamer gelê en die wheel spanner, wat in haar opgedruk is, was in die kombuis.

Die inwoners verwys na die huis as die White House, wat volgens hulle ’n berugte dwelmhuis is.

Volgens ’n woordvoerder van die polisie, sers. Wesley Twigg, word ’n voorval van seksuele aanranding ondersoek.

“Die voorval het in Vogel­gezangstraat, Belhar, gebeur.

“Volgens verslae was daar ’n huishoudelike geskil tussen die slagoffer en haar boy­friend wat na aanranding gelei het.

“Die man is gearresteer en aangekla.”

Mense wat inligting oor die voorval het, word gevra om Stop Misdaad te bel by 08600 10111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters