DIE kantoor van die hoofregter, Mogoeng Mogoeng, is bewus van beweringe van ’n komplot om die regter-president se adjunk, Patricia Goliath, af te haal.
Goliath het voor die lockdown haar baas, regter-president John Hlophe, by die regterlike dienskommissie (JSC) aangekla.
Mogoeng se kantoor het in reaksie op die mediaberigte ’n mediaverklaring uitgereik waarin hy bevestig hy is bewus van die beweerde komplot om Goliath af te haal.
Oorgedra
Luidens die verklaring het die JSC op 4 Junie telefonies inligting van ’n advokaat in Grahamstad ontvang.
“Die inligting is onmiddellik na die kantoor van die hoofregter se sekuriteitsafdeling oorgedra,” lui die verklaring verder.
“Ingevolge die standaardprosedure van die regter-president is die Wes-Kaapse SAPD gevra om ’n bedreiging- en risiko-assessering uit te voer.”