2 maande gelede
‘Moenie paniek saai só’
beskerm: n Vrou stap elke dag met haar twee kinders skool toe. Foto’s: JONATHAN LESTRADE  ~ 

OUERS het begin panic – nóg ’n kind is ontvoer!

Dié skoolouers het vinnig gereageer ná Facebook-boodskappe wat lui dat ’n meisie amper by die Eldene Primêre Skool ontvoer is.

Sommiges wou selfs hulle bloedjies vroeg by die skool gaan haal.

Die boodskappe het soos ’n veldbrand verprei in Elsiesrivier en paniek gesaai.

Ouma Bridgette Isaacs, wat daagliks met haar kleinkind skool toe stap en haar gaan haal, sê haar hart het in haar keel geklop oor die rumours van ’n amperse kidnapping.

“Ek wou by die skool uitkom, maar toe bel ek eers en die skool sê toe dis vals gerugte.

“Daar is so baie kinders wat vermis raak, so ek kan verstaan dat ouers paniekerig raak.”

Isaacs sê haar kleinkinders se veiligheid is haar top-prioriteit.

amptelik: Kol. Jacques de Bruin van die Elsiesrivier- polisiestasie sê die gerugte is onwaar.

Die ouma ontferm haar sommer ook oor ander mense se kinders­ wat alleen skool toe moet stap en sien ook na hulle om langs die pad.

Een van die fake boodskappe lui dat iemand probeer­ het om ’n kind te ontvoer, maar die kind het ’n gap gekry om te vlug en by die skool se hekke ingehardloop. Talle ouers het daarna by Eldene Primêr opgedaag om te verseker dat hul bloedjies veilig is.

Nog ouers het gistermiddag by die skool gesê deesdae kan ’n mens nie te oorversigtig wees nie.

Kol. Jacques de Bruin, die ondersteuningsbevelvoerder van die Elsies- rivier-polisiestasie, bevestig dat die boodskap fake news is.

De Bruin sê: “Ons is bekommerd oor vals inligting wat uitgaan en ons vra die publiek om nie vals beweringe te maak en só paniek te saai nie.”

De Bruin moedig ook ouers aan om met die polisie te skakel om vas te stel wat waar of wat vals is.

Millicent Merton, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, bevestig dat daar geen poging tot ontvoering by die betrokke skool was nie.

“Alle ouers en leerders moet wel bewus gemaak word van vreemdelinge en algemene veiligheidsmaatreëls.”

Volg Astrid Februarie op Twitter.

Stuur nuuswenke aaninfo@son.co.za.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters