6 maande gelede
Modack se bouncer kry twee skote in sy gesig
Jacques Cronje  ~ Peter Abrahams

EEN van Nafiz Modack se pelle, Jacques Cronjé, het dié naweek ’n aanslag op sy lewe oorleef.

Cronjé, ’n bouncer, is volgens ’n bron Vrydag omstreeks 20:00 in Brooklyn in Maitland geskiet.

Hy is na verneem word twee keer in die gesig geskiet.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig ’n 49-jarige man is in ’n skietvoorval in Da Gamastraat gewond.

Klagte

“Die omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek. Die beseerde man is na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.”

Cronjé, Modack en twee ander mans het saam hof geloop op klagte van uitbuiting omdat hulle klub­eienaars glo forseer het om hulle protection money te betaal.

Die saak is in 2017 geopen, maar dis in Februarie vanjaar laat vaar.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters