14 dae gelede
Modack-hulle vlugtig in hof
Nafiz Modack  ~ Argief

DIE staat sal na verwagting borgtog vir die vermeende onderwêreld-baas Nafiz Modack en sy twee medebeskuldigdes teenstaan.

Modack sowel as Jacques Cronje en Ricardo Morgan het Maandagoggend vlugtig in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Hulle staan tereg op verskeie aanklagte van onder meer sameswering om moord te pleeg, poging tot moord en rampokkery.

Die drie mans het by die hof onder swaar polisiebewaking aangekom.

Die polisieminister, Bheki Cele, het ook die hofverrigtinge bygewoon.

Cele het agterna buite die hof belowe die cops sal die Wes-Kaapse strate skoonvee en dat hulle nou die high-flyers teiken.

Volgens Cele sal meer arrestasies volg.

Eric Ntabazalila, 'n woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die staat sal borgtog vir die drie mans teenstaan.

Die saak is tot Vrydag vir 'n borgtogaansoek uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters