Verlede maand
Minister besoek Emaan se mense
Emaan Solomons (7)
Kind in kruisvuur: ’n Dwaalkoeël het Emaan Solomons (7) Dinsdagaand buite haar ouerhuis in Libra-weg noodlottig getref.  ~ Peter Abrahams

ALBERT Fritz, minister van gemeenskapsveiligheid, het gister die hartseer familie van Emaan Solomons (7) in Ocean View besoek.

Volgens Fritz het die erg getraumatiseerde familie berading ontvang.

Fritz sê: “Ek het gevra dat die teen-bende-eenheid in die gebied ontplooi word totdat die bendegeweld afgeneem het.

“Die gemeenskappe kan nie toelaat dat bendes hulle in hulle gemeenskappe terroriseer nie.

“Inwoners moet standpunt inneem en die bendes rapporteer.”

Inligting

Fritz het ook gesê hy gaan ’n dringende vergadering hou met belanghebbende organisasies in die gemeenskap om ’n plan van veiligheid uit te werk.

Hy het gevra dat enige persoon met inligting na vore moet kom en dit aan die polisie rapporteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters