3 dae gelede
Minister: Bendes laat kinders die meeste ly
Chloe van der Westhuizen.  ~ Foto Verskaf

ALBERT Fritz, die minister van gemeenskapsveiligheid, het sy misnoeë uitgespreek oor hoeveel dwaalkoeëls die laaste ruk in Manenberg en Hanover Park jong mense getref het.

Net Saterdag het ’n dwaalkoeël Riaz Cloete (8) van Manenberg in die kop getref. Hy het saam met vriende in die pad gespeel toe hy in die bende sekruisvuur beland het.

Hy is tans in die hospitaal.

Chloe van der Westhuizen (4) is in ’n skietvoorval in Hanover Park gewond toe gangsters op mekaar begin skiet het. Dié voorval het twee weke gelde gebeur en sy het haar een oog verloor.

Sy is gister uit die hospitaal ­ontslaan.

Declyn Wippenaar (13) van Hanover Park is Maandag in Philippi in die rug gewond toe ’n dwaalkoeël hom getref het.

Hy was besig om in ’n sokkertoernooi daar te speel.

Stop

Fritz sê: “Dis onaanvaarbaar dat jong kinders hier op die Kaapse Vlakte gedurig aan bendeskietery blootgestel word, veral wanneer hulle buite speel. In sommige gevalle is dit noodlottig of hulle ­is gewond.

“Ons as provinsiale regering werk aan programme wat die skietery kan stop en vrede in die gemeenskappe herstel.

“Ons werk nou saam met wetstoepassers vir die permanente ontplooiing van metro cops in bende-areas. Dit sal na ses gemeenskappe op die Kaapse Vlakte uitgebrei word.

“Dit is om alkoholverwante misdaad, mishandeling en ­geweld af te bring. Ons het sover 500 wetstoepassers in Delft, Nyanga, Philippi en ­Bishop Lavis ontplooi.

“In Maart is wetstoepassers ook in Mitchells Plain ­ontplooi en nóg gaan in Guguletu en Mfuleni, Harare en Kraaifontein ontplooi word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters