9 maande gelede
Minister: Arresteer die mense
BEHOED JULLE ... Minister Bheki Cele besoek gister plekke op die Kaapse Vlakte met harde woorde oor die feestyd.s  ~ Peter Abrahams

DIE minister van polisie, Bheki Cele, het gister sy twee dae lange veldtog vir ’n veilige feestyd by die taxi rank in Bellville begin.

Die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, en provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Yolisa Matakata, tesame met die cops se topbestuur, gaan vandag in Guguletu voort met die veldtog. Die doel daarvan is om die inwoners in die feestyd veilig te hou en misdaad te bekamp.

Cele het sy bekommernis oor die toenemende gevalle van gendergeweld teen vroue in die provinsie uitgespreek. Hy het op die cops ’n beroep gedoen om in die feestyd 24/7 beskikbaar te wees as hulle benodig word.

Hy het die cops ook gevra om nie die slagoffers van gendergeweld by polisiestasies weg te wys nie.

Volgens Cele sal slagoffers wat die eerste keer weggewys word gewoonlik ’n tweede keer terugkeer.

Hy het gesê die derde keer sal hulle nie terugkom nie, want dan is hulle dood.

Die minister is bekommerd oor die aantal Covid-19-gevalle wat soos ’n tsoenami in die land styg.

Hy het uitgevaar teen diegene wat nie maskers dra nie en gesê die regulasies moet streng gevolg word.

Hy het gesê mense wat nie maskers dra en aan die Covid-19-maatreëls voldoen nie, moet gearresteer word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters