2 maande gelede
Min march saam teen misdaad
genoeg gehad: Inwoners van Macassar march Saterdag teen bendegeweld. Foto: ian baard  ~ 

NET meer as 80 inwoners van Macassar het Saterdagoggend die koue getrotseer vir ’n optog teen bendegeweld en dwelmhandel.

Volgens van die betogers was die opkoms uiters teleurstellend. Hulle het meer as 1 000 mense verwag.

Macassar is die afgelope twee weke weer erg geteister deur bendegeweld wat verband hou met dwelmhandel.

Daar was sewe skietvoorvalle waar drie jong mense met hulle lewe betaal het. Vier is in die hospitaal opgeneem met skietwonde.

Voor die optog is in Kramatweg gebid dat die Here die gemeenskap moet verlos van die bende- en dwelmduiwel.

Rugbyspeler

Vandag verskyn Geoffrey Hess, Devron Maans en ’n minderjarige seun in die hof vir die moord op Gerwin­ Geswind.

Hy is verlede week in Macassar Village vermoor.

Son verneem een van die verdagtes gaan ook aangekla word van die moord op Markwin Jacobs. Hy was ’n belowende rugbyspeler.

  • Die cops soek nog inligting oor die moord van Clayton Lukas (17), wat op 15 Augustus in Macassar Village doodgeskiet is.

Enigeen met inligting kan sers. Eric Mboniswa by 021 8577100 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters