3 maande gelede
Miljoene rande se voorraad op in vlamme
vlamme, brand, brande,
Foto ter illustrasie  ~ 

'N KLERESKEMA wat vroue met entrepreneursvaardighede bemagtig, het groot verliese gely toe 'n brand een van sy pakhuise, met R15 miljoen se voorraad in, verwoes het. 

The Clothing Bank tel nou die stukke op en hoop Suid-Afrikaners kan klere van goeie gehalte, wat hulle nie meer nodig het nie, skenk.

Dié skema help sedert 2010 werklose ma's regoor die land om hul eie besighede te begin.

Tracey Gilmore, bedryfshoof, sê die skema was eers 'n twee-jaar opleidingsprogram wat in 'n klein garage in Soutrivier begin het.

Gilmore sê dit het 800 vroue op 'n tyd gehelp om 'n ordentlike inkomste in te bring.

Sy sê die skema se sekuriteitsmaatskappy het haar rondom middernag oor die brand gebel.

Sowat 40 brandbestryders het om 00:30 ingespring en kon dit eers teen 06:20 onder bedwang bring.

Gilmore sê sy het video footage wat wys hoe 'n man oor hul hek spring en dan deur hul recycle bin gaan.

"Hy het vuur of 'n lighter as 'n torch gebruik om te sien waar hy krap. Hy het sowat 40 minute daar spandeer en karton en ander items bymekaar gemaak." - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters