4 dae gelede
Miljoene onwettige entjies word vernietig
Miljoene rande se onwettige entjies word Vrydag vernietig.  ~ 

MILJOENE onwettige sigarette ter waarde van R18 miljoen gaan Vrydag by die staatspakhuis in Kaapstad vernietig word.

Luidens 'n verklaring van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is daar tydens verskeie operasies op die sigarette beslag gelê. Die grootse vonds is 'n skeepsvraghouer met sigarette, wat die land ingesmokkel is en valslik as ‘n ander kommoditeit verklaar is.

Jan Taks sê die vernietiging van die sigarette moet ‘n sterk boodskap uitstuur dat die regering ‘n benadering van zero tolerance teenoor onwettige handel handhaaf.

Dit moet ook die publiek gevoelig maak vir die skade wat onwettige sigarette aan die ekonomie en die gesondheid van mense aanrig, lui die verklaring. -AlgoaFM



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters