2 jaar gelede
Mihalik: Twee mans aangekla
Pete Mihalik
Adv. Pete Mihalik.  ~ Adrian de Kock

DIE twee mans wat in verband met adv. Pete Mihalik se moord vir ondervraging ingeneem is, is amptelik aangekla.

Die 26- en 31-jarige mans word ook aangekla vir die poging tot moord op Mihalik se 8-jarige seun.

Mihalik is gister voor sy seun se skool in Groenpunt in sy kar doodgeskiet. Die seun is in die voorval raakgeskiet.

Die verdagtes is gesien waar hulle van die toneel in ‘n metaalgrys VW Polo vlug.

Die verdagtes verskyn more in die Kaapstadse landdroshof.

Sers. Noloyiso Rwexana, ‘n polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rondom Mihalik se moord word nog ondersoek.

Enigeen met inligting kan die polisie se misdaadlyn (08600 10111) bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters