Verlede jaar
Mihalik: Suspects nes goud opgepas
loop hof: Sizwe Biyela (links bo) spog met ’n top van R2 600. Nkosinathi Khumalo gaan aansoek doen om legal aid. foto’s verskaf  ~ 

EEN van die beskuldigdes in die Pete Mihalik-moordsaak is ’n trendy dresser en spog gereeld op Facebook met sy duur klere.

Dié brêkgat, Sizwe Biyela, het gister onder streng security saam met Nkosinathi Khumalo (26) in die Kaapse landdroshof verskyn.

Biyela (31) het duidelik genoeg geld, want hy het aangedui hy gaan sy eie private lawyer aanstel. Khumalo moet legal aid gebruik.

Die twee gaan ook nie – soos die meeste ander verhoorafwagtendes – in Polls­moor of ’n ander tronk aangehou word nie.

Onwettige

Hulle gaan in die selle by die Seepunt-polisiestasie sit omdat gevrees word vir hulle veiligheid.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê be­newens die moordklag face die twee klagte oor die onwet­tige besit van vuur­wapens en ammunisie en poging tot moord op Mihalik se ag­jarige seun.

“Nog klagte kan bygevoeg word,” het hy gister buite die hof gesê.

Gister was daar ’n groot polisieteenwoordigheid binne en buite die hof.

Die veiligheidsmaatreëls is ook opgeskerp.

Die polisie se anti-gangunit het Biyela en Khumalo binne 48 uur ná die hit op Mihalik aangekeer en onder­vra.

Die advokaat is Dinsdag 07:30 in Groenpunt afgehaal terwyl hy, sy seun en sy matriekdogter in sy peperduur Merc gesit het.

Hy was besig om sy kinders by Reddam House Atlantic Sea­board op die hoek van Cavalcade- en Thornhillweg af te laai toe die hit man toeslaan.

Die seun is ernstig beseer en is inderhaas hospitaal toe geneem. ’n Koeël het in sy kakebeen vasgesit. Die kind is na verneem word in ’n stabiele toestand. Die dogter is ongedeerd.

Die saak is tot Donderdag uitgestel.

Ntabazalila het gesê die staat het uitstel van ag dae gevra om de beskuldigdes se details te bevestig.

“Ons verstaan ??een van die twee verdagtes is vir ’n ander saak uit op borgtog – iets wat nie in die Wes-Kaap plaasgevind het nie. Ek dink dit hou verband met moord.”

Die storie loop die beskuldigdes is van KwaZulu-Natal. Dit kon nie bevestig word nie. “Ons glo die twee is nie van die (Wes-Kaap-)­provinsie nie,” is al wat Ntabazalila nog wou sê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters