6 maande gelede
Mihalik se saak na high court
Adv. Pete MihalikFoto: peter abrahams  ~ 

DIE verhoor van die drie beskuldigdes in die moordsaak van adv. Pete Mihalik sal in November vanjaar in die Kaapse hooggeregshof begin.

Sizwe Biyela, Nkosinathi Khumalo en Vuyile Maliti was veronderstel om gister in die Kaapse landdroshof te verskyn sodat die saak na die hooggeregshof oorgeplaas kon word.

Verskyn

Die staatsaanklaer Greg Wolmarans het egter die drie se afwesigheid uit die hof verduidelik as ’n misverstand in kommunikasie met die organisasie wat hulle hof toe moes bring van die onderskeie tronke waar hulle aangehou word.

Hulle word aangehou in Malmesbury, Allandale en Drakenstein.

Die drie beskuldigdes sal wel volgende week Dinsdag weer in die landdroshof moet verskyn. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters