Verlede maand
Metrorail skors hul baas
richard walker,trein,metrorail
Richard Walker, streekbestuurder van Metrorail, op 'n trein trip alleen in Februarie 2018 - kort voor hy die eerste keer geskors is.  ~ Earl September

DINGE by Metrorail blyk net nie beter te raak nie en selfs die streekbestuurder kan gecancel word.

Richard Walker is Dinsdag op spesiale verlof geplaas met Raymond Maseko, bestuurder vir ingenieursdienste wat by hom oorneem.

Ingeligtes is dit eens dat Maseko goed is in sy werk, maar hulle twyfel of hy die regte ou is vir die pos as streekbestuurder.

Walker is tot later die maand op spesiale verlof geplaas. Dit is nie die eerste keer nie. Hy is ook presies twee jaar gelede op spesiale verlof geplaas.

Hy het aan Son bevestig hy is op verlof, maar wou nie verder uitbrei nie.

Gerugte doen die ronde dat hy afgedank gaan word en dat hy blameer word vir die gemors by Metorail.

Makhosini Mgitywa, ‘n woordvoerder vir Prasa, sê sedert Prasa twee maande gelede onder administrasie geplaas is, het die adminstrateur Bongisizwe Mpondo al die streke besoek.

“Die Wes-Kaap is die streek wat die meeste probleme gee. Daar is verskeie uitdagings en probleme het daartoe gelei dat pendelaars en stakeholders vertroue in die maatskappy verloor het.”

Mgitywa sê Maseko het 18 jaar se ondervinding in beplanning, infrastruktuurontwikkeling, projekte en produksiebestuur en stelsel ingenieurstrategiëe.

“Walker is op betaalde verlof geplaas terwyl die organisasie aandag geen aan die talle uitdagings in die streek.”

Daylin Mitchell, voorsitter van die Wes-Kaapse staande komitee vir vervoer, sê: “Dit is questionable of die plasing van die streekbestuurder op spesiale verlof enige verandering maak aan die magdog issues by Prasa.

“Die passassierspoornetwerk in die Wes-Kaap staar krisis in die gesig met aanhoudende aanvalle op infrastruktuur en saam met dit is daar nog korrupsie ook.

“Hierdie is niks anders as om die deck stoele op die Titanic te verander nie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters