15 dae gelede
Metrorail se kommunikasie beperk
afgesny: ’n Boodskap oor beperkte kommunikasie met treindrywers. FOTO VERSKAF  ~ 

METRORAIL se kommunikasie is ook nou vertraag.

In ’n teksboodskap aan pendelaars sê die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) hulle het beperkte kommunikasie met treindrywers.

Son het kort hierna verneem die selfoonkontrak van treindrywers is almal deur die netwerkverskaffer afgesit.

’n Treindrywer wat gevra het om anoniem te bly, sê: “Ons selfone is almal af omdat die rekening nie deur Metrorail betaal is nie.”

Nog ’n driver noem dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie.

“Dis nie oor die rekening nie laas maand betaal is nie. Dit kom al ’n tyd aan,” sê die drywer.

Die Metrorail-woordvoerder, Riana Scott, het nie geweet daar is nie kommunikasie nie.

“Selfoonkontrakte, nes die ander, word deur hoofkantoor hanteer. Ek dra nie kennis daarvan dat die treindrywers se selfone af is nie.”

Scott was ook nie bewus van Metrorail wat op sy kommunikasie-kanale gesê het daar is beperkte kommunikasie nie.

“Ek weet nie wat word bedoel met beperkte kommunikasie nie en sal moet uitvind.”

Toe Son weer navraag doen vir ’n update, het Scott ’n ander boodskap gehad.

“Daar was ’n probleem, maar reëlings is getref. Wat dit behels en wanneer dit plaasvind, weet ek nie.

“Met beperkte kommunikasie word bedoel die streekaankondigings vanuit die operasionele sentrum. Beperkte kommunikasie is egter nie aankondigings by stasies, SMS-kennisgewings of sosiale media nie,” aldus Scott.

Oor waarom handradio’s nie gebruik kan word nie, erken Scott dit was die geval in die verlede en sy weet nie waarom dit nie tans die geval is nie.

Scott voeg by dat alles teen 16:30 – kort ná Son se navrae – opgelos is en daar weer kommunikasie is.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters