2 maande gelede
Metrorail ontken skuld
rooftog eis een: Richard Walker van Prasa noem die voorval ’n tragedie. Foto ter illustrasie: Peter Abrahams  ~ 

METRORAIL staan uit die water­ en aanvaar nie die blaam vir Vrydag se tragiese voorval nie.

Een mens is dood en ag beseer terwyl hulle op pad huis toe was.

Tien gewapende rowers het hulle op ’n Stellenbosch-trein aangeval en uit die bewegende trein gesmyt.

Donald Grant, Wes-Kaapse minister van vervoer, het bevestig drie van die beseerdes is al uit die aanvanklike hospitaal ontslaan. Hy het gesê: “Twee is reeds ontslaan en die ander een is oorgeplaas na die Tyger­berg-hospitaal.

“Die omvang van hulle beserings is nog onbekend.”

Son verneem die 32-jarige man wat dood is, was oorspronklik van Limpopo.

Geteiken

Sy identiteit kon teen druktyd nog nie bevestig word nie.

Zino Mihi, ’n woordvoerder van Metrorail, het die voorval intussen soos volg verduidelik: “Openbare vervoer in die algemeen ervaar ’n toe­name in rooftogte.

“Dit gebeur op busse en taxi’s en Metrorail word ook geteiken.”

Die Passenger Rail Agency of South Africa (Prasa) hou vol die veiligheid van pendelaars en staff is steeds ’n prioriteit.

Mihi sê: “Sekuriteits­hulpbronne word weekliks ontplooi. Dit geskied in samewerking met die spoorweg­polisie en op grond van intel­ligensie en misdaad-trends.”

Metrorail sê van die ekstra inisiatiewe vir safety sluit in gewapende wagte op die sentrale lyn, ’n reaksie-eenheid op die Langa-, Bonteheuwel-, Nyanga- en Heideveld-lyne en selfs drones vir die sentrale lyn.

  • wou weet wat vir die ander lyne gedoen word, maar het teen druktyd nog geen antwoord gekry nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters