Verlede maand
Metro-cops skiet om roekelose driver te stop
metro cops
Skermgreep van die voorval waar metro-cops 'n roekelose bestuurder van die pad af probeer kry het.  ~ 

VIDEOS doen die rondte van metropolisie-beamptes wie op 'n motoris, helderoordag, skiet. Dit ten aanskoue van verbygaande verkeer.

In wat lyk na tonele uit 'n movie is in realiteit 'n motoris wie oor 'n rooilig gejaag het.

Die man is uiteindelik, na 'n jaagtog, in Montague Gardens gearresteer

Richard Bosman, uitvoerende direkteur vir veiligheid en sekuriteit van die Stad Kaapstad, verduidelik: "Die man het weggejaag maar die beamptes kon hom inhaal. 

"Nadat hulle hom beveel het om uit die voertuig te klim het hy geweier en hulle het sy wiele afgeskiet."

Dit hom hom nie afgeskrik nie en hy kon vir 'n tweede keer wegjaag van die polisie.

Bosman sê: "Die polisie het hom gevolg tot by 'n parkeerarea van 'n gebou waar hy ingery het. Dit is ook hier waar die man gearresteer is."

Volgens Bosman probeer die polisie dit nie doen nie maar die voorval het hulle gedwing om hardhandig te wees.

"Die verdagte het geweier om wettige instruksies te volg en voort gegaan in sy pogings om arrestasie te weier.

"Hy het nie net skade aan eiendom veroorsaak nie maar ook die veiligheid van ander padverbruikers in gevaar gestel. Die beamptes wat gedwing om aksie te neem."

Intussen is die voorval by die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat aangemeld.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters