Verlede maand
Metro cops kry gun in drom in Seepunt
dwelms
Die metrocops het die strate van die Kaap weer skoon gemaak  ~ Verskaf

DIE flink optrede van metrobeamptes van die Stad Kaapstad het gelei tot 'n onwettige vuurwapen wat in 'n drom in Seepunt gevind is.

Die vuurwapen is na bewering deur 'n onbekende verdagte in die asblik gegooi. 

Met die cops se aankoms is die 9mm-pistool gevind en kort daarna by die Seepunt-polisiestasie ingehandig.

In 'n ander onverwante voorval is 'n verdagte in Athlone in besit van dwelms gearresteer.

Hy was een van drie verdagtes wat in die gebied gearresteer is, vir dieselfde oortreding.

Die 48-jarige was in besit van 'n sak van 42 klein pakkies tik, 29 eenhede heroien, mandrax-pille.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters