14 dae gelede
Metro cops gooi man uit rolstoel
rolstoel
In die video word die man uit sy rolstoel gegooi.  ~ Skermgreep: Facebook / Wesley Fester

DIE Kaapstadse stadsraad het twee metro cops geskors nadat 'n video, waarin hulle 'n man uit sy rolstoel gooi, op sosiale media gedeel is.

In die video stry die man met die metro cops voordat een van hulle sy rolstoel omdop en hom op die grond gooi.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, sê in 'n verklaring die manier hoe die situasie hanteer is, is nie "wat ons van ons personeel verwag nie".

"Ek het onmiddellik die saak met Richard Bosman, uitvoerende direkteur van veiligheid en sekuriteit, bespreek wat aan my bevestig het dat albei beamptes met onmiddellike effek geskors is hangende 'n volledige ondersoek," lui die verklaring.

"Ek wil onvoorwaardelik verskoning vra aan die lid van die publiek wie se naam nog nie aan my bekend is nie, vir wat hy vanoggend ervaar het."



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters