4 maande gelede
‘Mense ly oor Sassa onbevoeg is’
SOEK HULP: Die aansoekers is in limbo en weet nie watter kant toe nie.  ~ Jonathan Lestrade

DIE Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling het ’n spesiale vergadering met die nasionale minister en MEC’s aangevra oor die Sassa-grants.

Teen einde Desember het Sassa 210 778 disability grants nasionaal opgeskort. Meer as 53 000 hiervan was tydelike disability grants in die Wes-Kaap.

Sharna Fernandez sê in ’n persverklaring: “Min. Lindiwe Zulu het nog nie op my versoek vir die vergadering ge­reageer nie.

“Ek het die skriftelike versoek op 12 Januarie gerig en op 21 Januarie ’n opvolgnavraag gestuur. Daar is nog nie formeel daarop gereageer nie.”

Sy sê die gebrek aan dringendheid bekommer haar.

Papierwerk

Sy wil weet of daar planne is om te voldoen aan die onmiddellike behoeftes van soveel desperate mense wat dringend hulp benodig en of hulle hulp soos kos of vouch­ers gaan kry terwyl hulle vir die papierwerk wag.

Fernandez se huidige worry is die invul van aansoeke vir die social relief of distress (SRD) grant. “Ek het by Sassa gehoor oor die SRD grant gee hulle nie meer kos of vouchers nie. Intussen byt duisende behoeftes die spit af vir Sassa se onbevoegdheid.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters