FAMILIELEDE en vriende het gister ’n gedenkdiens gehou vir die tweeling-babaseuntjies en hul ouers wat oor die Paasnaweek in ’n brand omgekom het.
Jessie en Bebe Moses het Saterdag tesame met hul ses maande oue tweelingseuns doodgebrand toe hul wendyhuis in Delft-Suid uitgebrand het.
Die brand het omstreeks 22:00 in hul wendyhuis in Palmstraat ontstaan. Hulle het die afgelope vyf jaar daar gewoon.
Verloor
Die wendyhuis het tot op die grond afgebrand. Gelukkig was hul drie ander kinders nie by die huis ten tyde van die brand nie.
Volgens Angus McKenzie, wyksraadslid vir Bonteheuwel, het die familie alles in die brand verloor. Hy het Sondag vir die familie kospakkies geneem.
McKenzie sê: “Die oorsaak van die brand is nog onbekend. Ons is besig om goed vir die familie in te samel, want hulle het alles verloor.
Die kinders het skoolklere en skooltoebehore, klere, kos en ook ander noodsaaklikhede nodig.”
Enige iemand wat die familie wil help, kan raadslid McKenzie by 082 444 1850 kontak.